2025 Diensleraar Retraite

Tydens die naweek van 1–3 Augustus het die Diensleraar-studente van die Weskaapse Kuratorium by die Andrew Murray Sentrum vir Spiritualiteit byeengekom. Baie van hierdie studente studeer aanlyn—óf deur die BTh-kursus van Hugenote Kollege te volg, óf die Nagraadse Diploma in Teologie aan die Universiteit van Stellenbosch—wat dit des te meer betekenisvol gemaak het om in persoon saam te wees.

Tydens die drie dae het die studente hulle lewens- en roepingstories met mekaar gedeel, donuts saam met dosente van beide Hugenote Kollege en Stellenbosch geëet, in stilte verkeer, gesprekke met geestelike begeleiers gehad, en ook kreatief verkeer – wat alles vir ‘n onvergeetlike naweek gesorg het.

Ons is dankbaar vir elke student wat die retraite meegemaak het, en veral ook vir Hansie en Lanette Breedt wat die retraite gelei het en studente met hulle omgee omvou het.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Scroll to Top