
As deel van ’n blokweek in Stellenbosch het studente wat tans hul Nagraadse Diploma in Christelike Bediening (voorheen die lisensiaat-jaar) voltooi, die klaskamer vir die bergpad verruil om – terwyl hulle saam deur die natuur stap – oor die aard van belydenis en dit wat ons glo na te dink. Hierdie studente staan op die drumpel van die bediening, en dit was ’n vreugde om hul opgewondenheid hieroor te hoor – en te sien hoe ’n diep sin van roeping hierdie opgewondenheid onderlê.

