Aanlyn Kerklike Opleiding (Patos-sessies)

Vanjaar vind daar elke tweede Dinsdagaand ’n aanlyn kerklike opleiding/seminarium-sessie plaas, hoofsaaklik gerig op ons nie-residensiële studente wat studeer om diensleraars en predikante te word. In aansluiting by die Geroep, Gevorm, Gestuur-dokument van die Algemene Kuratorium is die program in drie kapasiteitsvelde ingedeel: Etos, Logos en Patos – dit wil sê kapasiteite wat fokus op wie ons is en word, wat en hoe ons glo, en hoe en waar ons dien. Vanjaar het die span in die Noorde verantwoordelikheid vir die Etos-kapasiteite geneem in die eerste kwartaal, die Wes-Kaapse Kuratorium/Seminarium vir die Logos-kapasiteite in die tweede kwartaal, en tans neem die Vrystaatse Kuratorium/Seminarium verantwoordelikheid vir die Patos-kapasiteite. Vanaand het ds. Jan Lubbe, voorsitter van die Algemene Sinode Moderamen, gesels oor liturgie en aanbidding in die erediens as die tweede Patos-sessie vir die kwartaal.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Scroll to Top