
Op 26 Mei 2025 het die MDiv-klas ’n besoek aan die Norval Instituut gebring. As deel van ’n blok oor teologiese estetika is daar saam gereflekteer oor hoe ons as gelowiges met die wêreld van die kunste in gesprek kan tree – en omgekeerd, hoe die kunste ook met geloof praat. Een van die aangrypendste kunswerke wat besigtig is – en wat heelwat gesprek ontlok het – was die Keiskamma-alterstuk, wat tans in die Norval Instituut vertoon word as lening van die Anglikaanse kerk in Hamburg, Oos-Kaap.

